Christo van Rensburg
ʼn Nuwe boek oor Afrikaans se Afrika-komvandaan. Waar het Afrikaans begin? Wie het eerste Afrikaans gepraat? Was die Kaap regtig Hollands? Hoe het die Khoi en die Portugese met mekaar handel gedryf? Watter rol het slawe gespeel in die ontstaan van Afrikaans? Wat is die invloed van townships op Afrikaans? Hoe het die verskeie trekke Afrikaans beïnvloed?
Die taalkontak wat daaruit gevolg het, of selfs ook die vrees vir taalkontak, is een van Afrikaans se belangrike stories. Die skryf van Afrikaans het op verskillende maniere begin, met sterk invloede uit die Islam. Afrikaans se standaardisering gaan met heelwat vertellings gepaard.
Van Afrikaans gepraat is ook in Engels beskikbaar as Finding Afrikaans. Die boeke is moontlik gemaak deur ʼn ruim skenking van die Afrikaanse Taalraad (ATR).
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke
Oor die herkoms van Afrikaans kan lank gedebateer word. Die teorie wat ek glo is dat dit ‘n seemans taal was. Die feit dat so baie van ons woorde wat verskil van Hollands, skeepterme was, bewys dit. Die taal was beslis ‘n “slang”. (Bastertaal? Ek ken nie ‘n goeie Afrikaanse woord daarvoor nie .) Sy baie eenvoudige grammatika is ‘n tipiese kenmerk van sulke tale.