Boek: Van futloos tot fantasties!

Van_Futloos tot Fantasties.jpgStephan Joubert en Johan Smith

Ons het deesdae maar min tyd vir stil word. Dit beteken ook dat ons min tyd het om te besef hoe buitengewoon ons in God se oë is en hoe waardevol ons vir Hom kan wees – met ons issues en al.

Van futloos tot fantasties! – uit die pen van gewilde outeurs Stephan Joubert en Johan Smith – bied 20 hoofstukke oor onderwerpe wat tot die hart van elke vrou spreek, soos die waarde wat een persoon kan hê, wie ons naaste is, die krag van vreugde, hemelse genade en diensbaarheid.

Van futloos tot fantasties! bied ’n verrykende perspektief op ons lewe hier en nou, en beklemtoon dat al wat nodig is vir ’n waarlik vreugdevolle en fantastiese lewe soms net ’n wyer kyk op die wêreld en sy dinge is.

Oor die outeur:

Stephan Joubert is ’n spreker, prediker, leierskapkonsultant en skrywer. In 2010 is een van sy boeke, Jesus – ’n radikale sprong, bekroon met die Andrew Murray-prys. Stephan is buitengewone professor in Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en Noordwes-Universiteit, ’n navorsingsgenoot in Teologie aan die Radboud Universiteit in Nijmegen, Nederland, redakteur van ’n groot e-kerk op die internet, en deeltydse leraar.

Johan Smith bedien ’n wye spektrum mense, wat insluit jeug, ouers, mans en vroue. Hy is ’n skrywer van jeugboeke asook boeke vir die gesin. Hy is op ’n weeklikse basis betrokke by die bediening van vroue in Pretoria en tree ook as spreker op tydens jeugweke, jeugsaamtrekke, ouerskapseminare en Daniël-mannekonferensies landswyd. Johan is tans Leier: Gemeentefokus by die Moreletapark-gemeente in Pretoria

UITGEWER: CHRISTELIKE UITGEWERSMAATSKAPPY
PRYS: R119.95*
*PRYS ONDERHEWIG AAN VERANDERING

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.