[Boek] Van kant gemaak

Van-kant-gemaak-voorbladKris van Steenberge

In België loop die negentiende eeu ook ten einde. Elisabeth, die dogter van die smid, trou met die jong dokter, Guillaume Duponselle. Dit sal nie ’n gelukkige huwelik word nie. As Elisabeth agt maande later aan ’n tweeling geboorte skenk, is die eersgeborene ’n pragtige seun, Valentyn. Die tweede kind is so mismaak dat Guillaume weier om hom ’n naam te gee. Tog bly Naamloos lewe. Omdat sy voorkoms sy vader en die dorpenaars ontstel, gaan Naamloos gesluierd deur die lewe. Dan tree die Eerste Wêreldoorlog op die toneel.

Van kant gemaak vertel ’n broeierige verhaal vol dorpsgefluister. Vir almal verloop die toekoms anders as wat hulle verwag.

Oor die outeur

Kris van Steenberge (1963) is (toneel)skrywer, regisseur en dosent. Stories van sy oupa, wat by hulle ingewoon het, oor die “Groot Oorlog” vorm die kiem vir sy debuutroman Woesten.  Sy tweede roman, Blindelings, het in 2016 verskyn.

Oor die vertaler

Fanie Olivier is ’n bekende Afrikaanse digter en akademikus, maar ook joernalis en regsgeleerde. Hy het ses digbundels gepubliseer en was die samesteller van drie ander, waarvan Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte reeds vyf uitgawes gehad het. Die Nederlandse Reina Prinsen-Geerligsprys is aan hom toegeken vir die manuskrip van sy eerste, gom uit die sipres. Naas sy studiejare in Utrecht, het hy ook vir die grootste deel van sy akademiese loopbaan kontak met Nederlands behou as dosent in Nederlandse letterkunde.  Hy het in hierdie proses heelwat Nederlandse poësie vertaal, maar dit nooit gepubliseer nie. As deel van sy werk as besoekende professor by die Adam Mickiewicz-universiteit in Pole tussen 2004 en 2016, het hy ook begin met ’n projek om Poolse gedigte saam met studente in Afrikaans te vertaal.

Naas enkele vroeëre gepubliseerde vertalings uit Engels, was hy ook verantwoordelik vir die vertaling van J.M. Coetzee se Disgrace.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.