Boek:  Vandag gaan fantasties wees!

 Vandag-gaan-fantasties-wees.jpgWil jy die stres afskud? Dink kleur. Dink kreatief. Dink ontspanning. Dink inkleur! Niemand is te oud om ’n inkleurpotlood op te tel nie – dít is die nuwe tendens en Vandag gaan fantasties wees! loop voor met die Bybelse inspirasie wat deur die pragtige sketse en patrone verweef is.

Die terapeutiese voordele van inkleur is wetenskaplik bewys, en die kalmerende effek van inkleur en teken is wyd bekend. Hierdie inkleurboek bring hierdie prettige terapie op die voorgrond om volwassenes – of lesers van énige ouderdom – te help ontspan.

Vandag gaan fantasties wees! is enig in sy soort. Behalwe vir die patrone en prente wat ure se inkleurpret verskaf, sal lesers uitsien na die volgende:

  • Geperforeerde bladsye om uit te skeur
  • Boekmerke, groetekaartjies en geskenketikette wat uitgeknip kan word
  • Genoeg spasie vir eie aanhalings en verse
  • Oop bladsye waarop lesers na hartelus kan skribbel
  • Inspirerende aanhalings en Bybelverse

Hierdie boek is die ideale geskenk vir daardie kreatiewe siele. Dit sal lesers weer die seën van eenvoud laat ervaar en hulle kreatiwiteit vlerke gee.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R99,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.