Boek: Vandag is ek ʼn windlawaai

vandag is ek 'n windlawaaiPhilip de Vos

In 1838 het die komponis Robert Schumann ’n klavierwerk van 13 nommers genaamd Kinderszenen (Kindertonele) geskryf, waarvoor hy later aparte titels gegee het nadat sy vrou, Clara, vir hom gesê het dat hy self soms soos ’n kind is.

Hierdie musiekstukke is dan ook oor die gebeurlikhede en daaglikse ervaringe van ’n kind en ook sy verhouding met sy ouers.

Philip de Vos is deur beide Robert Schumann se musiek en die titels geïnspireer om versies van sy eie te maak.

Oor die outeur

Philip de Vos is ’n bekroonde skrywer, fotograaf en versiemaker van formaat en is in 2015 beloon met ’n KykNET Fiësta Lewensbydrae vir Musiek, Woord- en Visuele kuns in Suid-Afrika. As kind wou hy dolgraag sirkusnar word – en vandag laat hy met die humor in sy werk ’n ieder en ’n elk glimlag. Hy is baie lief vir diere en goggas, en het nog nooit eens ’n mier met opset doodgetrap nie.

Oor die illustreerder

Piet Grobler is ’n bekroonde illustreerder wat met sy kunswerke stories vertel. Hy het al meer as 80 boeke geïllustreer en illustrasiewerk vir verskeie tydskrifte en koerante gedoen insluitende Sunday Times, De Kat, Insig, Sarie en Taalgenoot. Hy was senior dosent en kursusleier in Illustrasie aan die Universiteit van Worcester in England.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.