Boek: Vandag wil ek my blou skoene dra

Blou skoene_omslag.inddKoos Kombuis

“Vandag wil ek my blou skoene dra is my rypword-bundel en ’n geskenk aan myself. Ek het dit geskryf vir my eie plesier. Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel. Twintig jaar waarin ek drugs gelos, ’n gesin begin en nuwe skoene gekry het.” – Koos Kombuis

Oor die outeur

Koos Kombuis is ’n bekende musikant asook skrywer van verskeie publikasies, onder andere ’n outobiografie (Die tyd van kombi’s), rubriekbundels (Vêr in die wêreld, sushi) en digbundels (rock&roll.karoo). Hy is ook ’n spotprenttekenaar vir onder andere Media 24. Daarby is hy ook die mede-stigter van ’n klere-reeks, “Kombuis Kat”. Sy skryfwerk en musiek is gewild onder mense van alle ouderdomsgroepe.

Uitgewer: Naledi Online
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.