Koos Kombuis
“Vandag wil ek my blou skoene dra is my rypword-bundel en ’n geskenk aan myself. Ek het dit geskryf vir my eie plesier. Twintig jaar het verbygegaan sedert my vorige digbundel. Twintig jaar waarin ek drugs gelos, ’n gesin begin en nuwe skoene gekry het.” – Koos Kombuis
Oor die outeur
Koos Kombuis is ’n bekende musikant asook skrywer van verskeie publikasies, onder andere ’n outobiografie (Die tyd van kombi’s), rubriekbundels (Vêr in die wêreld, sushi) en digbundels (rock&roll.karoo). Hy is ook ’n spotprenttekenaar vir onder andere Media 24. Daarby is hy ook die mede-stigter van ’n klere-reeks, “Kombuis Kat”. Sy skryfwerk en musiek is gewild onder mense van alle ouderdomsgroepe.
Uitgewer: Naledi Online
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering