Boek: ‘Vat die regte pad: Jesus sʼn’ – Stephan Joubert

Stephan Joubert

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie aan ander se geestelike verwagtings voldoen nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte wat gedurig in die kerk uitgedeel word oor hoe ʼn “regte Christen” moet leef, uitleef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ʼn paar van hulle se voorland. Tot vervelens toe beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Vat die regte pad: Jesus sʼn is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ʼn paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouers aflig om (buiten-) gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

Vat die regte pad: Jesus sʼn is deur Stephan Joubert geskryf en dit het by Lapa Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Joubert se grootste vreugde is om die Here lief te hê en om mense in en om die kerk op allerlei buite-die-boks-maniere te dien. As tentmakerleraar is hy deeltyds by Pierre van Ryneveld-gemeente, die Mosaïek-gemeente in Fairlands en Moreletapark-gemeente in Pretoria, betrokke.

Joubert is ʼn buitengewone professor in teologie aan die Universiteit van die Vrystaat en ʼn navorsingsgenoot in teologie aan die Universiteit van Nijmegen in Nederland. Sy boek Jesus – ʼn radikale sprong is in 2010 met die Andrew Murray-prys vir die beste Afrikaanse Christelike boek bekroon.

Prys: R230,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.