Boek: Vat en voel: ‘My klein wildtuin’ en ‘Dierebabas’

Make Believe Ideas

Die ‘Vat en voel’-reeks is geskik vir kinders tot so oud as ses jaar. Dit help die kleinspan om flappe te lig en ʼn verskeidenheid diere te ontdek.

‘Vat en voel: My klein wildtuin’

Met dié kartonboek kan kleintjies nie net flappe lig nie, maar ook vat en voel aan Liewe Leeutjie en Apie Aapstert.

Die rymvertaling met kort en eenvoudige teks is perfek vir voorlees terwyl die flappe gelig word om uit te vind watter dier daar wegkruip. Deur die loop van die storie maak kinders kennis met Liewe Leeutjie, Sussie Seekoei, Kolle Kameelperd, Ollie Olifant en Apie Aapstert!

‘Vat en voel: Dierebabas’

In Vat en voel: Dierebabas kan kleintjies nie net flappe lig nie, maar ook vat en voel aan Kietsie en Hasie Hop. Die rymvertaling met kort en eenvoudige teks is perfek vir voorlees terwyl die flappe gelig word om uit te vind wie daar wegkruip. Deur die loop van die storie maak kinders kennis met dierebabas Kuiken, Lammie, Brakkie, Kietsie, Hasie Hop en nog iemand wat agter die flappe wegkruip.

Oor die oorspronklike uitgewer

Make Believe Ideas is ‘n kinderboekuitgewer wat al langer as 15 jaar boeke uitgee in verskillende tale en lande.

Genre: Kinder- en jeugfiksie
Ouderdom: Nul tot ses jaar
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R115,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.