Boek: Veels geluk liewe maatjie 2

 veels_geluk_liewe_maatjie_2_.jpgMarlo Carstens

Veel geluk liewe maatjie 2 sluit 30 gewilde partytjiekoeke in wat maklik met botterversiersuiker gemaak word. Die koeke is gerig op die besige ma wat nie genoeg tyd het nie en ook die onervare bakster wat vir die eerste keer ‘n verjaarsdagkoek self wil bak.

Stap-vir-stap aanwysings word by elke koek ingesluit asook vier idees vir elke partytjie, bv. ’n uitnodiging, happies wat by die tema pas (vir beide die kinders en ouers) asook huistoegaanpakkies.

Elke koek sluit ’n patroon in en word met die basiese koekpangroottes (20 cm- of 22 cm-oondpan en ’n 18 cm ronde pyrexbak), gebak.

Met hierdie maklike idees, is geen partytjie spanningsvol of oorweldigend nie!

Oor die outeur:

Marlo Carstens, Vrouekeur se kosredakteur, is ma van drie en verstaan die eise van vrou en ma wees. Dis daarom dat haar resepte enige vrou – selfs die wat sku is vir kosmaak – inspireer. Sy is die outeur van wegholtreffers soos Vinnig en maklik uit Vrouekeur 1,2 en 3, Veels geluk liewe maatjie en 50 Beste gebak uit Vrouekeur.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R230.00
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.