Boek: ‘Veldhospitaal 12’ – Marinda van Zyl

Marinda van Zyl

Toe briewe en ʼn dagboek in ʼn koekblik op die solder van die ou plaashuis gevind word, ontdek Jurgens en Susan Schoeman hulle is die nasate van die Duitser Helmut Schumann. Helmut, ʼn negentienjarige mediese student, moes van 1905 tot 1907 in die veldhospitaal vir Herero- en Namagevangenes in Lüderitzbucht werk. In pleitbriewe aan sy ma en die huishoudster, Grete, dokumenteer hy sy wroegings en liefdeskapades, maar veral die onmenslike omstandighede waaronder hy moet werk.

Veldhospitaal 12 is deur Marinda van Zyl geskryf en word deur NB-Uitgewers uitgegee. Van Zyl is ook die skrywer van die historiese romans Wilhelmina Radebe kom tuis (2011), Amraal (2015), Dors (2018) en Rooiborslaksman (2020).

Prys: R300,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.