Boek: Verby omdraai

Verby-Omdraai.jpgChristiaan J Blignaut

Verby Omdraai is die avontuur van twee broers en hul pad tot rekonsiliasie met hulself, met mekaar en met God.

Ross en Albert Naudé worstel met innerlike demone van liefde en verlies, opgee en geloof. Die een sit in Londen na hy geen ander keuse gehad het as om te vlug nie. Daar waar hy met bloedbelope oë oor sy lewe nadink, bereik hy ‘n punt van geen omdraai. Die ander een is ‘n modelstudent op Stellenbosch, ‘n sterk en suksesvolle jong man. Al is die tweelingbroers met duisende kilometers van mekaar geskei, is hulle nou, meer as ooit tevore, van mekaar afhanklik.

Die donker wolke pak saam en die sneeu is aan die kom. Elkeen het sy eie berg om te klim, en om lewend aan die anderkant uit te kom, gaan niks minder as ‘n wonderwerk kos nie. Ross en Albert gaan nog ‘n hele paar ou wonde moet oopkrap voor hulle rus kan vind.

Uitgewer: Publishing World SA
Prys: R149.00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek hier: www.booksdirectsa.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.