Boek: ‘Verdiende wraak’ – Malene Breytenbach

Malene Breytenbach

Verdiende wraak is ʼn historiese roman wat handel oor die vete tussen twee families ná die Boereoorlog. Dit het by Minimal Press verskyn.

Deel I
Die boere word verslaan en die oorlog bring verwoesting. Joiners en hensoppers, genoem Judasboere, verraai die bittereinders en loop oor na die Engelse. Kommandant Steenkamp en die Ermelo Kommando stel die jong Nicolaas Greeff, ʼn National Scout, tereg. Dit veroorsaak ʼn vete tussen die Greeffs en die Steenkamps wat tot moord lei. Salomien, ʼn verfynde meisie afkomstig van Pretoria, getroud met die kommandant se seun, kry bitter swaar in die konsentrasiekamp en op die gestroopte plaas. ʼn Engelsman wat die Steenkamps kom help, wil haar uit die lyding verlos.

Deel II
In die 1990’s publiseer Lood Steenkamp ʼn boek oor die hensoppers en joiners in die Boereoorlog. Dit grief die nasate van die Greeffs, wat lede van die AWB is. Een besluit om op die skrywer wat hulle familieskande geopenbaar het, wraak te neem.

Oor die skrywer

Malene Breytenbach is in Port Shepstone, Natal, gebore. Haar ouers het na Rhodesië (tans Zimbabwe) geëmigreer waar sy in die Laerskool Cecil John Rhodes en Hoërskool Chaplin in Gweru was. Op die ouderdom van 14 het sy na Pretoria verhuis en matriek aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool behaal.

Breytenbach het ʼn honneursgraad in Engels aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Sy het ook meestersgrade in Ou-Nabye Oosterse studie en antieke studie, asook ʼn doktorsgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch behaal.

Sy het by die Universiteit Stellenbosch gewerk toe haar eerste romanse, Palmyra herleef, in 2005 deur Lapa Uitgewers uitgegee is. Sedertdien het byna 50 van haar romanses (kontemporêr, medies en histories) by Lapa en Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn. Breytenbach, ʼn voltydse skrywer, is bekend vir haar romans, kortverhale en koerantartikels en sy skryf gereeld resensies vir tydskrifte en koerante.

Prys: R275,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.