Boek: ‘Verkleurmannetjie’ – Francois Bloemhof

François Bloemhof

Toe Marco sy biologiese pa ontmoet, is dit die antwoord op baie vrae. Die regte antwoord, want Dirk du Toit is iemand soos wie hy graag wil wees.

Die eintlike vrae kom egter nog. Wat nou van die mense wat Marco in die stad agtergelaat het? Wat is sy halfbroer se probleem? En Dirk se vrou sʼn? Word hy agtervolg? Alles is reg aan Dirk, maar soveel is verkeerd om hom …

Soos die titel belowe, is Francois Bloemhof se Verkleurmannetjie nie net een soort storie nie. Hier is meer ratverwisselings en onthullings as in ʼn hele TV-reeks, deur ʼn skrywer wat weet hoe ʼn tiener se kop werk – en hou van hoe dit werk.

Oor die skrywer

Bloemhof was in graad 11 die medewenner van die Amstel Playwright of the Year-toekenning. Bloemhof is een van slegs ʼn handjievol skrywers ter wêreld wat só uitgebreid en suksesvol boeke (oor die 70) vir die volwasse, tiener- en jeugmarkte skryf. Hy is meermalig in elke kategorie bekroon, waaronder met die De Kat-prys vir sy debuutroman Die nag het net een oog.

Onder sy baanbrekerswerk, internasionaal en plaaslik, tel die eerste boek met ʼn oorspronklike selfgekomponeerde klankbaan, eerste boek met eie rekenaarspeletjie, eerste Flipom, eerste interaktiewe vervolgverhaal (in Rapport) en eerste tydskrifroman.

Bloemhof het ook die eerste Afrikaanse strokiesverhaalreeks en heel eerste e-boek in Afrikaans geskryf. Verder het hy tekste vir die verhoog en radio gelewer. Hy was al verhaalredakteur by SARIE en boekredakteur by Die Burger.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.