Boek: Vermis op Allesverloren

vermis op allesverloren

Anchien Troskie

Toe haar eksentrieke tante Erta verdwyn, kry Melinda ’n privaatspeurder om te help soek, bekommerd dat Erta dalk in gevaar is. Erta was op die dorp bekend as heks oor haar kruiedoepas en lees van teeblare. Melinda vermoed vuilspel, want die dorpsleiers, veral Oudominee, het Erta verdoem en haar selfs vir die droogte geblameer. Hulle het haar nooit vergewe omdat sy as armblanke met een van hul goue seuns getrou het en omdat sy haar later op die dorp kom herskep het as kruiedokter en haar bemoei het met die bruin gemeenskap nie.

Klik hier om ‘n uittreksel te lees.

Oor die outeur:
Dis ek, Anna het onder Troskie se skuilnaam, Elbie Lötter, verskyn in 2004. Dié boek was in 2005 ontvanger van die Booksellers’ Choice-toekenning. Daar is reeds meer as 75 000 eksemplare van dié boek in Afrikaans verkoop en meer as 20 000 in Engels (It’s me, Anna). Nooit is ‘n lang, lang tyd verskyn in 2008, dié keer onder haar eie naam, Die besoeker in 2010 en Die staat teen Anna Bruwer in 2012. Sy woon op ‘n plaas in die Oos-Kaap. In haar eie woorde: “Ek is ’n doodgewone mens wat kan lag, huil, skinder en soms moet lieg. Ek haat enige vorm van huiswerk, ek haat dit as daar vir my gelieg word, haat rou vleis en is vrek bang vir slange. Ek word gou kwaad en is baie ongeduldig. Ek is lief vir wyn, maar darem liewer vir my man en kinders. Die reuk van ’n splinternuwe (of ou, for that matter) boek, die soutsmaak van die see, sagte deurdringende reën, koffie en pannekoek – is daar lekkerder? Een van my grootste vrese, en daar is baie, is dat ek nie genoeg tyd gaan hê om al die stories in my kop op papier te sien nie. Dis ek, Anchien Troskie, vrou vir my man, ma vir my kinders, huishoudster vir almal, finansiële bestuurder van die gesin, die kinders se gratis taxibestuurder en nou skrywer.”

Uitgewer: Kwela
Prys: R220-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.