Boek: ‘Vermoedelik dood’ – Johan Kruger

Johan Kruger

Dit is die vroeë 1990’s. Ben Brandt duik al jare lank ondergronds onder die Poolse naam Jozeph Brzinski. Maar die tyd het aangebreek dat hy sy ou werk hervat: dié van huurmoordenaar. In sy lewe voordat hy moes onderduik as mynwerker, het hy moorde gepleeg vir wie ook al hom kon betaal. Hierdie keer het die Beweging hom nodig. Hy moet twee teikens by die Wêreldhandelsentrum in Kemptonpark elimineer. Gerhard Coetzee, topadvokaat met ’n tragiese verlede, is die enigste een wat in sy pad staan.

Oor die skrywer

Johan Kruger is ’n regsgeleerde van beroep. Hy was onder andere as regsadviseur betrokke by die grondwetlike onderhandelinge wat in 1993 in Kemptonpark plaasgevind het. Hy en sy vrou, Hester, woon tans op hulle aftreeplaas digby die Loskopdam in Mpumalanga.

Prys: R195,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.