Boek: Vertel! Vertel!

Vertel Vertel voorbladDot Serfontein

Ek het so baie storievertellers leer ken: langs misvure, voor kaggels, op trappies met my ma se warm witbrood en vyekonfyt langs my. Hulle praat uit ou vergeelde dokumente, sterfkennisse, poskaarte; uit my eie herinneringe … Waarheid en verdigsel het tot legendes in myself verspring.

Alles in hierdie kortverhaalbundel deur geliefde verteller Dot Serfontein, is nie noodwendig waar nie. Nee, maar alles is moontlik waar mense geslagte lank onder die dassiebruin velkaros van die Noord-Vrystaat slaap teen brak winters en taaibosharde somers.

’n Versameling stories, van toeka tot nou, oor alles van die liefde tot siekte, delwery en dagga. Oorvertel en neergepen soos net die meesterlike Dot Serfontein kan.

Kort stukke wat met intervalle gelees kan word. Kontreigeskiedenis en persoonlike herinneringe van ’n bekende outeur ineen.

Oor die outeur:
Uit Dot Serfontein se pen het verskeie kroonboeke verskyn, onder andere Tiendes van anys (1962), Rang in der Staaten Rij (1979), Systap onder die juk (1982), Galery van Reënmakers (1986), Vertel! Vertel! (1995) en Vrypas (2009). Sy is in haar tagtigs en woon tans in Kroonstad.

Uitgewer: Protea
Prys: R165-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.