Boek: Vervleg

Petro Hansen

Hierdie rubrieke is liries, evokatief, diep menslik, met humor en ʼn plattelandse ambience. Petro skryf sedert 2012 vir Die Burger rubrieke en was voltyds vir vier jaar lank die Dinsdag-rubriekskrywer vir Beeld. Verskeie van haar artikels is in Rapport Weekliks en Huisgenoot gepubliseer. Sy word in 2019 deur die Cordus-trust vereer met die Orde van die Beiteltjie van die Afrikaanse Woordkunsakademie vir “haar besondere bydrae tot Afrikaans met unieke onderwerpe waarmee sy die kuns vervolmaak het om sinvol te skryf oor die mens en alledaagse stories van die gewone lewe.”

Oor die outeur

Hansen het op skool aanvanklik ʼn regsberoep uitgekies as die aangewese loopbaan om te volg, haar regstudies voltooi en gepraktiseer, maar telkemaal het haar sluimerende voorliefde die vlam bly aanblaas om haar net weer met kronkelpaaie by ʼn tafel uit te bring waar sy graag sit en skryf. Waar het dit als vir haar begin? Moontlik met ʼn pa wat lief was vir mooi poësie. Haar skrywes is geoes uit die landerye van haar hart. Die grootste toekenning wat sy kan verwerf, is wanneer haar skrywe ʼn hartsnaar roer. Intussen loop hierdie matroos se kind ligvoets op haar tone deur haar woordakker tot by ʼn lieflike sonhoekie waar sy alleenreg besit, om na willekeur ons Afrikaanse taal in te suig en vrug te laat dra. ʼn Taal wat sy hartgrondig bemin. ʼn Taal waarop sy, deur haar eerste boek, hoop om die leser van voor af weer verlief te maak.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.