Boek: Verwoerd aan die woord II: Die laaste vier jaar

Verwoerd-aan-die-woord-II-voorblad-003.jpgWilhelm J. Verwoerd (samest.)

Die laaste vier jaar van dr. H.F. Verwoerd se bewind is gekenmerk deur belangrike gebeurtenisse in suidelike Afrika, soos die toekenning van selfregering aan die Transkei, die verslag van die Odendaalkommissie oor S.W.A., die uitspraak in die Rivonia-saak, die aanvang van die Oranjerivierskema, die uitspraak van die Internasionale Geregshof in Den Haag oor die S.W.A.-mandaat, die eensydige onafhanklikheidsverklaring van Rhodesië en die wapenverbod teen S.A. deur die V.N. Hierdie boek bevat ʼn seleksie uit dr. Verwoerd se toesprake wat nie voorheen gepubliseer is nie.

Oor die samesteller

Wilhelm J. Verwoerd is die oudste van dr. en mev. Verwoerd se sewe kinders. Hy is afgetrede professor in Geologie en woon in Stellenbosch.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R395,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Thinus Erasmus ·

Verwoerd word gebrandmerk as die groot apartheids stigter. Hy was eintlik die groot ontwikkelings stigter na my mening. Ek wens dat hy wel eerder die groot selfsugtige apartheid sondaar was wat mense hom toedig, want dan het die Afrikaner sy eie volwaardige land in Suid-Afrika gehad wat baie sterk ontwikkel was, en die res was nog steeds landelike swart nedersettings met hul eie grond en eie stam en hierargale regerings.
Wat is my punt: Verwoerd het gestreef om aan ander te gee wat die Afrikaner wou gehad het, om sodoende die Afrikaner te probeer bevoordeel. EKk sal graag die boek wil lees en my standpunt daaraan meet.

Hannelie du Plessis ·

Thinus Erasmus! Baie dankie! Ek kon dit nie beter sê nie!

JC ·

Wonderlik!
Ek het reeds ook die boek “Verwoerd: Só onthou ons hom”.
Watter fees van lees en inligting behoort hierdie nie ook te wees nie.
Lank lewe Dr Verwoerd se nalatenskap, ‘n man wat ver voor sy tyd was, maar verkeerd verstaan was!

Hannelie du Plessis ·

JC! Ek dink dr Verwoerd is moedswillig verkeerd verstaan!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.