Boek: Verwoerd: Só onthou ons hom

Verwoerd-So-onthou-ons-homSaamgestel deur Wilhelm J. Verwoerd

Watter soort mens was dr. H.F. Verwoerd, die sesde premier van die Unie van Suid-Afrika en grondlegger van die huidige Republiek?

Die bydraers tot hierdie boek skryf op onderhoudende wyse oor hoe hulle hom onthou, wat hulle saam met hom beleef het en oor hulle opvatting van sy politieke oogmerke. Die persoonlike aard van die bydraes verleen ’n dimensie aan die boek wat in objektiewe geskiedskrywing ontbreek. Verwoerd tree te voorskyn as vriend, gesinsman, volksman, raadsman en leier.

Hierdie bundel verskyn die eerste keer in 2001 by geleentheid van die 100ste herdenking van dr. Hendrik Frensch Verwoerd se geboortedag, 8 September 1901. Die bygewerkte weergawe in 2016 bevat nuwe bydraes deur onder andere Elise Verwoerd, Cas Bakkes en Albert Hertzog.

Oor die samesteller

Wilhelm J. Verwoerd is die oudste van mnr. en mev. Verwoerd se sewe kinders. Hy is afgetrede professor in Geologie en woon in Stellenbosch.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theuns ·

Willem wat ‘n voorreg om met jou te kan kommunikeer!Ek hoop dat daar ‘n ongekende stormloop vir die “Boek” sal wees sodat die Afrikaners en hul nageslag sal weet hoe groot held en eerbare man jou Pa was en. Ek wonder dikwels wat het van sy persoonlike Sekretaris, Fred Barnard gword. Weet jy dalk?

Annelie ·

@Theuns Fred Barnard was my oupa, hy is in Mei 2010 in Pretoria oorlede.

knerries ·

Wat ek wel nie weet nie is of hy Suid Afrikaanse burgerskap gehad het? Ek verstaan hy was ‘n gebore Nederlander

Maria van Dieweeck ·

Die wereld gaan nog uitroep en smeek vir dit wat hy wou bou. Apart, elkeen doenig met sy kultuur, maar saam in die bou van n land. My mamma het vir dae gehuil oor sy moord.

Patriot ·

Dr. Verwoerd was staatsman, familieman, karaktervas, ‘n man der manne-hy was sy leeftyd ver vooruit! Ek salueer hom opnuut, saam met elke ware Afrikaner-in die woorde van ‘n groot digter: “DAAR GAAN ‘N MAN!”

Patriot ·

Wou net eers seker maak; die digter was Jan F.E. Cilliers.

Therese van Schalkwyk ·

As Maroela kan bevestig dat Wilhelm J. Verwoerd die seun is wat trots langs die Matie-rektor, Wim de Villiers, gestaan het die dag toe H.F. Verwoerd se borsbeeld van die kampus verwyder is, sal dit waardeer word.

Die pas aangestelde De Villiers het o.a. daardie dag gesê dat die verwydering van die borsbeeld almal moet herinner waar hul vandaan kom en waarheen hul op pad is. Hoe ironies dan dat ‘n stuk geskiedenis verwyder moes word in die proses.

Die toekoms sal wel die hoogstaande gehalte van Swart-Onderwys tydens dr. H.F. Verwoerd se regering bewys, terwyl SA universiteite voortsnel na middelmatigheid en oproer. Dit lyk nie asof die nuwe studente die gebare van versoening juis waardeer nie, inteendeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.