Boek: ‘Vier susters’ – Gerda Taljaard

Gerda Taljaard

Op Broedersdraai is daar perde tussen vier susters. Dit is 1945. In Europa woed die Tweede Wêreldoorlog; in Suid-Afrika die stryd tussen Sap en Nat, tussen die Rooilissies en die Ossewabrandwag.

Ivy, die jongste, wil ʼn onbevange lewe hê, ʼn ander werklikheid waar sy kan liefhê wie sy wil. Sy skaar haar by die Stormjaers wat Smuts en sy oorlog in die wiele probeer ry.

Sophié staan by die regering; haar man se ambisie en loopbaan hang daarvan af.

Beatrice hunker na haar Boas, al het sy hom doodgewens.

Terwyl elkeen die struwinge van die tyd aan eie lyf voel, is dit Kietie wat verder as haar drie susters sien.

Waar Domenico Valente, ʼn Italiaanse krygsgevangene, sy verskyning maak, word die spanning op die spits dryf.

Gerda Taljaard se Vier susters is ʼn priemende roman wat die tradisies van die historiese en die plaasroman omkeer.

Oor die skrywer

Taljaard is die skrywer van die romans ʼn Engel in die hoenderhok en Kelder, asook die kortverhaalbundel Maansiek. Haar gedigte en kortverhale verskyn in verskeie publikasies en sy is met die Litera- en De Compagnie-prys vir beste kortverhaal bekroon. Sy woon in Pretoria en werk as akademikus.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Penguin Random House

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.