Boek: Vlees en bloed

VLEES EN BLOED_ finale voorbladRiette Rust (met Eileen de Jager en Roelien Schutte)

“Maar julle is dan vroumense! Dink julle regtig júlle kan bloederige tonele skoonmaak?
Baie mense begin sulke besighede, maar dit hou nie lank nie.”

Dít was destyds die reaksie van skeptiese polisiemanne en veiligheidsbeamptes toe hulle met Eileen de Jager (39) en Roelien Schutte (37) te doen gekry het. Maar 15 jaar en sowat 7 000 misdaadtonele later floreer Crime Scene Clean-up, die Bloedsusters se besigheid. Daarby het hulle nog nooit ’n ontevrede kliënt gehad nie.

Eileen en Roelien staan nie net as die Bloedsusters bekend omdat hulle biologiese susters is nie, maar ook omdat hulle daagliks bloederige misdaadtonele skoonmaak. Selfdood. Moord. Die heel wreedste plaasmoorde ook.

Maar daar is nie altyd misdaad betrokke nie. Soms ruim die susters opgaarders se huise op – dikwels tot die plafon toe volgepak, en ander kere help hulle vloedwaters of ’n brand se skade herstel.

Vlees en bloed is die opvolg van die topverkoper, Bloedsusters (deur Ilse Salzwedel). Maar dis ‘n heel nuwe boek en lesers hoef nie noodwendig eers die eerste Bloedsusters te lees om dié boek te waardeer nie.

Lees in dié boek die antwoorde op vrae soos:
– Hoekom fassineer misdaad ons so?
– Watter gevare skuil in bloed?
– Hoekom sterf soveel Suid-Afrikaanse bejaardes alleen?
– Hoekom word sommige mense opgaarders? (Die susters maak oorvol, besmette huise ook skoon.)
– Hoe behoort jy die trauma te hanteer nadat jy alles in ‘n brand of vloed verloor het?
– Hoekom is daar so baie plaasmoorde in Suid-Afrika en wat kan plaasinwoners doen om hulself te beskerm?
– Wat loop verkeerd in kinders se lewens dat hulle later misdadigers word?
– Hoekom wend soveel Suid-Afrikaanse tieners hulle tot selfdood?
– Hoekom drink ons alkohol en wanneer flikker die gevaarligte?
– Wat moet ons weet om gewelddadige verhoudings te kan vermy?
– Hoekom is dit belangrik om behandeling vir posttraumatiese stres te kry?

Oor die skrywer:
Riette Rust is ’n skrywer en bekroonde vryskutjoernalis. Haar artikels in verskeie tydskrifte en koerante is met onder meer twee ATKV-Mediaveertjies asook ’n Citadel-prys vir finansiële joernalistiek bekroon. Die volgende boeke het ook uit haar pen verskyn: Lang bene & lipstiek – Gebruik jou seksualiteit en behaal sukses (2011), ’n Lyf onthou (2012) en Die AA tot OE van seks (2013). Sy is met JD, ’n regsadviseur, getroud. Hulle het twee dogters, Cara (24) en Zahn (29).

Uitgewers: Lapa Uitgewers
Prys: R200-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek hier: Lapa Uitgewers of Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ronnie ·

Ek het Bloedsusters gelees en sal hierdie opvolg baie geniet.*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.