Boek: ‘Vleisfees op Karibib’ – Isa Konrad

Isa Konrad

Liefde en dood loop hand aan hand deur die woestyn.

Ná haar egskeiding keer Alet Snyman terug na Karibib toe om die drade wat sy aan die begin van die jaar daar laat lê het, weer op te tel.

Haar terugkoms val saam met die jaarlikse Vleisfees, maar toe sy eers daar is, is haar nuwe lewe allesbehalwe ʼn fees. Sy het ʼn man se loopbaan verongeluk – ʼn man vir wie sy omgee ook nog.

Erika Schultz, die Herero-vrou wat haar aan die begin van die jaar onder haar vlerk geneem het, wil haar nie meer daar hê nie, en toe Alet haar eerste konsert op Karibib bywoon, sterf die hoofkunstenaar in die middel van die vertoning.

Inspekteur Con Dorfling, bevelvoerder van Karibib se polisie, het pas ʼn dissiplinêre verhoor weens aanranding agter die rug. Hy word ʼn proeftyd van ses maande opgelê, waarna sy pos herevalueer sal word. Con is nog in Windhoek, sy vonnis nog nie koud nie, toe hy die nuus uit Karibib kry dat ʼn bekende sanger uit Duitsland op sy dorp vermoor is. Ook dat Alet Snyman terug is en by was toe dit gebeur het. Hulle sê rampe gebeur in drieë en dit is die derde keer wat sy Karibib toe kom. Dus moet dit hom eintlik nie verbaas nie, want waar Alet gaan, volg moord en doodsake.

Oor die skrywer

Isa Konrad het in Namibië grootgeword, maar woon tans in Switserland. Sy verdeel haar tyd tussen Solothurn, ʼn barokstad op die Aare-rivier, en ’n huis in die Alpe naby die grens met Italië. Plekke inspireer haar en mense fassineer haar. Agt van haar romans is as Romanzas uitgegee. Daarby het sy ook spanningsromans, waaronder Die ondenkbare, Die soenoffer en Diva, gepubliseer. Die soenoffer is ʼn sielkundige riller en die storie van ʼn negejarige reeksmoordenaar. Dit was Lapa Uitgewers se Lekkerlitboek van die jaar in 2012 en ʼn finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir Spanningslektuur in dieselfde jaar.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Isa is een van my gunsteling skrywers. Het byna al haar boeke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.