Boek: ‘Voetspore’-reisgids vir avonturiers nou beskikbaar

Johan Badenhorst

In 2019 het die Voetspore-manne hul dertiende ekspedisie aangepak. Dié keer het hulle hul paspoorte by die huis gelos en net in Suid-Afrika gereis. Die ekspedisie het in die Kalahari begin en daarvandaan ’n draai gemaak in die Richtersveld, Namakwaland, Tankwa-Karoo, Klein-Karoo, Baviaanskloof, die Wildekus, suidelike Drakensberge, KwaZulu-Natal, om eSwatini, in die Wolkberge, die Limpopovallei en terug na die Kalahari.

Benewens pragtige foto’s van die mooiste dele van ons land bevat hierdie reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • 4×4-roetes
  • Verblyfbesonderhede
  • Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede

Ander titels in die Voetspore-reeks sluit in Voetspore op die ewenaar (2014), Voetspore: Agulhas tot Alexandrië (2013) en Voetspore: Casablanca tot die Kaap (2011).

Oor die skrywer

Johan Badenhorst is ’n televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en avonturier. Hy is die eienaar van KewTV Produksies, die Voetspore-winkel en Voetspore Safari’s. Johan is getroud met Alma, hulle woon op Kleinmond in die Overberg en het drie kinders, Nina, Heleen en Streicher.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.