Boek: ‘Voetspore’-span verken SA wéér

Johan Badenhorst

Suid-Afrika is groot genoeg vir ʼn leeftyd se reise. In Voetspore in Suid-Afrika 2 kry die Voetspore-span weer die geleentheid om ons land se natuurskoon en gasvryheid te beleef. Hulle drie maande lange reis begin in Pafuri, in die noordoostelike hoek van Suid-Afrika. Van daar af strek dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die Suid-Vrystaat, die Groot-Karoo, die Sederberge, die Weskus, oor die Hottentots-Hollandberge tot by Agulhas, die suidpunt van Suid-Afrika. Vrystaatse vlaktes, grootse Drakensberge, Bosveld, Kaapse strande – noem maar op – daar is ʼn oorvloed om te geniet. Die langpad in Suid-Afrika roep…

Benewens pragtige foto’s deur fotograaf Gideon Du Preez Swart van die mooiste dele van Suid-Afrika bevat die reisgids ook:

  • Name en telefoonnommers van gidse in elke streek
  • Akkommodasiebesonderhede
  • ʼn Paklys
  • Afstande tussen dorpe
  • Inligting oor beskikbaarheid van vulstasies en gesondheidsorg
  • Wetenswaardighede

Vorige reisgidse in die Voetspore-reeks sluit in Voetspore op die ewenaar (2014), Voetspore: Agulhas tot Alexandrië (2013), Voetspore: Casablanca tot die Kaap (2011) en Voetspore in Suid-Afrika (2020).

Voetspore in Suid-Afrika 2 is deur Johan Badenhorst saamgestel en dit het pas by Protea Boeke verskyn.

Oor die skrywer

Badenhorst is ʼn televisiepersoonlikheid, programvervaardiger en avonturier. Hy is die eienaar van KewTV Produksies, die Voetspore-winkel en Voetspore Safari’s. Johan is getroud met Alma, hulle woon op Kleinmond in die Overberg en het drie kinders, Nina, Heleen en Streicher.

Prys: R350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.