Boek: Volg my!

978-1-4316-0762-4_SSdeur David Platt

Vandag dink baie mense om kerk toe te gaan, armes te help en die regte dinge te sê, maak van jou ʼn Christen. New York Times-topverkoper-outeur David Platt waarsku ons in Volg My! dat al hierdie “goeie dade” tevergeefs is as ons dit nie sáám met Jesus doen nie. Wat het Jesus bedoel toe Hy gesê  het: “Volg My?” Om waarlik ’n volgeling van Jesus te wees beteken om ’n verhouding met Hom te hê en elke dag, daar waar jy is, God se koninkryk uit te bou. Volg My! kyk na die Bybelse beeld van wat dit beteken om ’n Christen te wees, wat ons in hierdie lewe moet opoffer, maar ook die onbeskryflike vreugde en vrede wat daaruit vloei om werklik sáám met Jesus die pad te stap.

Oor die outeur:
David Platt is ’n New York Times-topverkoper-outeur en sedert 2006 leraar by The Church of Brook Hills. Hy beskou homself as ’n lewenslange student en het grade van die University of Georgia en die New Orleans Baptist Theology Seminary verwerf. David is ook die stigter van Radical, ʼn organisasie wat kerke bystaan met hulpmiddels om dissipels van mense te maak. David en sy vrou, Heather, het vier kinders en woon in Birmingham.

Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy
Prys: R169-95*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.