Boek: Vrae en feite vir nuuskierige agies

vrae-en-feiteAdinda Vermaak

Is jy ’n nuuskierige agie wat wil weet waar sjokolade vandaan kom? Of wat die ergste epidemies is wat die wêreld nog getref het? Dalk wil jy weet waarom ons elke jaar op 5 November Guy Fawkes vier, of waarom Afrika as ’n unieke kontinent beskou kan word. Of jy wil weet watter produkte of uitvindings eg Suid-Afrikaans is, en of honde werklik slim is.

Dalk soek jy net wenke oor hoe om jou spelling en skryfwerk te verbeter, of hoe om goeie toesprake te maak…

Hierdie inligting en nog vele meer, oor die interessantste onderwerpe onder die son, is alles in die boek! Met jou indrukwekkende kennis oor alles en nog wat kan jy almal se monde laat oophang.

Vyftig hoofstukke propvol antwoorde, riglyne en wenke vir kinders van alle ouderdomme!

Waarskuwing: Moenie jou boek uitleen nie! Dalk kry jy dit nooit weer terug nie.

Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.