Boek: Vrae, feite vir jong feitevrate

Adinda Vermaak

Het jy al gewonder hoekom witrenosters nie wit is nie of waarom jy so baie ure in die aand moet slaap? En het jy al gewonder wat die oplossing vir gebottelde water is?

Vrae en feite vir feitevrate bevat opwindende en fantastiese vrae en feite wat enige feitevraat se mond sal laat water.

Met 27 hoofstukke wat feite oor diere, die natuur en die liggaam bevat, sal jy ure lank aan dié boek kan lees.

Vrae en feite vir feitevrate is deur Adinda Vermaak geskryf met illustrasies deur Nicole Hein. Dit het pas by Penguin Random House verskyn.

Prys: R175,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.