Boek: Vrede in sy teenwoordigheid

 Boek_Vrede_Angus-Buchan-Medium.jpgAngus Buchan

“Ek wens ek het meer tyd gehad om net rustig te word by God.” Daar is waarskynlik bitter min gelowiges wat dit nié al gedink het nie.

In die 366 grootdruk-dagstukke in Vrede in sy teenwoordigheid plaas Angus Buchan sterk fokus op die feit dat tyd saam met God een van die belangrikste verantwoordelikhede is wat elke gelowige het. Dit bepaal die diepte van jou verhouding met God.

Vrede in sy teenwoordigheid is vir elke gelowige wat hunker na meer tyd saam met God. Die feit bly staan: Ons kan nooit té veel tyd saam met God deurbring nie.

Oor die outeur:

Angus Buchan het die roeping ervaar om die evangelie te verkondig, en in 1980 stig hy Shalom Ministries in Suid-Afrika. Hy skryf, neem TV-boodskappe op en reis om die woord van God aan mense wêreldwyd te bring. Hy is voltyds evangelis en ’n gewilde spreker. Angus en sy vrou, Jill, bly op die plaas Shalom in die KwaZulu-Natalse Middelland.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R249,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.