Boek: Vreedsame revolusie

Niël Barnard

Om ’n vreedsame revolusie om ’n tafel te bewerkstellig is ’n totaal ander uitdaging as om met die vyand agter tralies te onderhandel. Dít het Suid-Afrika se destydse spioenbaas Niël Barnard besef toe ’n grootliks onvoorbereide NP-regering hulle telkens by die Kodesa-onderhandelings teen die ANC vasgeloop het.

As senior onderhandelaar het Barnard in die enjinkamer van die onderhandelinge gesit en dié onstuimige proses, wat telkens byna ontspoor het, eerstehands beleef. Hy was daar die dag toe die altyd-kalm Nelson Mandela sy humeur verloor en teen FW de Klerk uitgevaar het. Hy het gesien hoe die morele hoë grond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry. In dié boek gee Barnard ’n indringende blik op wat presies agter die skerms gebeur het gedurende dié spanningsvolle oorgangstyd wat Suid-Afrika se toekoms sou bepaal.

Oor die outeur:
Niël Barnard was hoof van die Nasionale Intelligensiediens (NID) en pres. PW Botha se regterhand gedurende die 1980’s. In 1988 en 1989 het hy ’n reeks geheime gesprekke gehad met Nelson Mandela, wat toe nog in aanhouding was. In die vroeë 1990’s het hy ’n sleutelrol gespeel in die onderhandelingsproses en die opstel van die Grondwet.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Eish ·

” Hy het gesien hoe die hoë morele grond deur die NP se vingers glip en die ANC die oorhand kry.” Ek sien eerlik waar nie kans om dit wat ons vandag ervaar in ons alledaagse lewe, se oorsprong weer te beleef nie., nie eens in boekformaat nie. Hoe het jul gedink Mnr. Barnard? Ramaphosa se onderhandelings vaardighede is geslyp deur weke se stoei met mynbestuur tot laatnag en hy het telkens triomfantlik geseëvier. Ek raak ernstig omgesukkel met FW se wigte en teenwigte wat mekaar totentaal uitgekanselleer het. Dis nie geskiedenis nie, dis die grootste tragedie van die eeu.

Reinhardt ·

Fantasties! Ek het vreeslik baie van Geheime Revolusie gehou, ek sal die enetjie op die lys sit.

Gerhard Burger ·

Wou nooit openbare kommentaar hieroor lewer nie. Net die volgende: (1) Die status quo van die pre-1994 (eintlik pre- 1990) Suid-Afrika nie kon voortduur nie. Militêr kon die ANC/PAC nie die NP-regering uitdaag nie. Al spog hulle hoe. Maar, op soveel ander kritiek belangrike terreine was die regering toenemend suksesvol uitgedaag. Uitdagings wat golwend oor Suid-Afrika begin spoel het. Gegewe die de facto omringende omstandighede, of dit nou verskerpende sanksies was of die groeiende potensiaal van ‘n burgeroorlog (intelligensie het dit toenemend uitgewys), ‘n ander politieke bedeling moes kom. Die NP-regering het nie ‘n ander keuse gehad nie. Dit moes onderhandel. FW kan nou kritiseer/kasty word, maar sy beweegruimte was klein en sy besluit noodsaaklik. In tyd, en selfs agterna kan bepaalde kritiek oor die uiteindelike skikking gelewer word. Maar, dan moet dit op feite berus en nie die begeerte vir die voorsetting van ‘n regeervorm soos dit was nie. Dit was soos slawerny – ‘n verbygegane era. Van my eie kritiese beskouings itv die grondwet is oa (a) die hele kwessie van presidentskap; (b) die oënskynlik maklike vertrapping van ‘n hoogs ontwikkelde vaktaal aan tersiëre instellings; en (c) verpolitisering van regstellende aksie; (2) Die NP moes deurwinterde onderhandelaars ingespan het. Soos Cyril vir die ANC, maar die taktikus slim Joe Slovo; (3) Die Nodale Punt, met die NID as alleen sifter van intelligensie wat deurgestuur is, was problematies. Daar kon goeters van die tafel geval het. Daarom vind ek die onvoorbereidheid van die NP-regering nie vreemd nie.

Gideon ·

“nie ‘n ander keuse by die onderhandelingstafel gehad nie asook wigte & teenwigte”. As antwoord – die Israeli’s het gelag toe hulle die Barnard, Meyer en kie se voorbeeld vertel is, hulle kommentaar – ons wil onderhandel, nie oorgee nie. “Geen ander keuse” – jy is nie die regte persoon vir die werk nie, of jy wil oorgee, of jy kry een of ander persoonlike voordeel daaruit. Barnard se verhaal is een om van te huil. Vir baie ‘n oorwinning, vir baie die grootste verraad ooit. Of onkababel mense wat nie ‘n ander kreatiewe resultaat kon behaal nie.

Oom Koos ·

Gerhard jy klink vir my al te veel na i oud NP minister. probeer altyd die gemors toesmeer met mooi versiersuiker

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.