Boek: Vreugde vir Larissa

Elsa Winckler

Larissa Schoeman gaan Nederland toe om verder te studeer. Dan hoor sy die jong Chandré, wie se aanrandingsaak sy vantevore behartig het, is vermoor. Larissa weet wie die skuldige is, en sal nie rus voor hy aan die pen ry nie. Noodgedwonge keer sy na Suid-Afrika terug.

By haar geliefde vriendin Reina en dié se man, Derek, word sy met Gideon, Derek se broer, gekonfronteer. Gideon wat deur geheimsinnige nagmerries geteister word. Sal geregtigheid geskied en sal Larissa en Gideon saam vreugde kan vind?

Nog ’n lekkerleesroman uit die pen van ATKV-Woordveertjie-wenner Elsa Winckler en die laaste in die gewilde McGregor-reeks ná ’n Brief vir Reina en ’n Belofte vir Bippie.

Oor die skrywer

Winckler is ’n gewilde skrywer van liefdesverhale. Sy het al die gesogte ATKV-Woordveertjie vir haar romanses gewen. Dit sluit Tussen jazz en rock, Te eenders, te anders en Liefde in laslap in. Sy woon op Bettysbaai.

Genre: Fiksie
Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae