Esté Geldenhuys
Die geliefde omroeper Esté Geldenhuys skryf vir vandag se vroue oor Bybelse vroue, vroue wie se name dikwels nie eens aan ons bekend is nie, maar uit wie se lewe ons weer en weer kan leer dat elke vrou ’n verskil kan maak, ook ek en jy!
“Geldenhuys skryf met die moed van haar oortuiging, eerlik en sonder skroom om evangeliese waarhede oor te dra. Hierdie waarhede is op haar geloof geskoei en ook op haar kennis van die
Bybel en haar beleë insig en integriteit.” – Helene de Kock, Litnet
Oor die outeur
Esté Geldenhuys is ‘n bekende in Christelike mediakringe. Sy was vir 24 jaar uitsaaier op Radio Kansel en het ook verskeie tydsgleuwe op Kruiskyk. Sy lei gereeld toere na Israel. Sy bly in La Montagna, Pretoria.
Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering