Boek: ‘Vrydag is ek verlief’ – Cecilia Steyn

Cecilia Steyn

Ella Olivia is ʼn kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae. Ná ʼn belaglike voorval waarin sy ʼn meme geword het (natuurlik op ʼn Vrydag), is haar aanvaarding op die nippertjie by Kovsies om medies te studeer ʼn nuwe begin vir haar. Maar ná nóg ʼn belaglike verwarring bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Con Trubleau, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Dít is só volkome nie deel van haar plan nie.

Vrydag is verlief is ʼn jeugverhaal uit die pen van Cecilia Steyn. Die boek het pas by Lapa Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Steyn is ʼn skrywer van Orkney in Noordwes. Sy is in Welkom in die Vrystaat gebore. Ná matriek begin sy ʼn loopbaan in die apteekbedryf waar sy baie jare lank as takadministreerder werk.

In 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, waag sy vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. In 2015 woon sy ʼn ATKV-skryfskool by die NWU by. Steyn behaal sukses in die jeug-genre met verhale soos Die meisie op die dak (Lapa Uitgewers) en die Tienerharte- en #PresiesAnders-reekse (Human & Rousseau). Haar Lea Lief-reeks (Lapa Uitgewers) is ook gewild onder jonger lesers, veral omdat dit ʼn sterk omgewings- en bewaringsfokus het. In 2017 ontvang sy ʼn ATKV-Kinderboektoekenning vir Tienerharte 2: Hartedief en in 2018 vir #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene.

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.