Boek: Vryheid vaarwel

Vryheid-vaarwelKas van den Bergh

Een van die vreemdste gebeure tydens die Anglo-Boereoorlog is seker die inval en besetting van Aliwal-Noord deur kommandant J.H. Olivier se Rouxvillekommando op 13 November 1900. Volgens A.V.Oosthuizen in “Rebelle van die Stormberge” het Olivier uitgeroep “Van vandag af en op hierdie uur verklaar ek Aliwal-Noord Vrystaatse grondgebied” terwyl hy ook verder die dorp se naam na Oliviersfontein verander het.

Rondom hierdie hierdie ongewone optrede in die Kaapkolonie vleg Kas van den Bergh in sy boek “Vryheid Vaarwel”.  Dit is die storie van ‘n Kapenaar, Hannes van Zyl se onwillig deelname aan die oorlog ter wille van die guns van ‘n meisie.  Hy laat ‘n mens opnuut wonder oor wat vryheid nou werklik behels en wat is die offers wat oorloë van die bevolking eis.

Hierdie grootdrukboek sal ouer lesers weer bewus maak van Kas se vermoë om die die lewe te vat en te ontleed, asook kommentaar daarop te lewer. Jonger lesers sal iets van die geskiedenis leer.  Die historiese feite is goed nagevors en is feitelik korrek.

‘n Lekkerleesboek vir oud en jonk waarin gebeure anders verloop as wat mens verwag.

Oor die outeur

Kas van den Bergh het meer as vyftig gewilde boeke, honderde kortverhale vir tydskrifte asook menige rubrieke geskryf.  In Saterdagaand Tuis (Huisgenoot 10 Oktober 1969) word Kas gevra : “Wat is u grootste ambisie as skrywer?  Die Hertzogprys?”

Hy antwoord: “Nee, om ‘n goeie storie te skryf oor die Driejarige Oorlog.  Oor die Vrystaat en sy helde.  Oor Transvaal en sy hensoppers.”

Hierdie roman oor die Anglo-Boere Oorlog is heel moontlik Vryheid Vaarwel.  Die manuskrip is na Kas van den Bergh se dood in 1997 tussen sy dokumente by sy dogter Sonia gevind en is nou vir die eerste keer gepubliseer.

Uitgewer: Prisca Uitgewers
Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.