Boek: Vrymaking en vernuwing

vrymaking-vernuwingDr. Rudi Buys

God wil die wonde in ons emosies en denke genees!

Ons emosies, gedagtes en herinneringe word gewond, geketting en beseer deur verwerping, manipulasie, vrees, stres, intimidasie, fisiese en geestelike “molestering”. Dit beskadig die brein se bedrading en verslaaf die brein aan primitiewe, onbeheersde reaksiepatrone. Die gewonde siel reageer dan refleksief op ‘n “bedreiging” van verwerping, intimidasie, magteloosheid of mishandeling, net soos wat gevaar ‘n veg- of vlug refleksaksie uitlok.

As jy vir Jesus aangeneem het, word jou gees nuut gebore. Maar jou siel – jou brein se denke, geheue, emosies en wil – kan nog ‘n slaaf bly van emosies, herinneringe en traumatiese stres. Dit veroorsaak letterlik littekens in die breinselle van spesifieke breinareas. Hierdie “breinskade” is nes die skade van ‘n geamputeerde vinger. Dit genees nie spontaan as jy ‘n kind van God word nie.

Die gewonde siel kan genees, gered en vernuwe word!

Vrymaking en vernuwing is ‘n praktiese werkboek met ‘n Mediese-, Woordgebaseerde strategie om die denke en gemoed te vernuwe. Die boek leer jou hoe om vry te kom van toksiese ou gedagtes, emosies en herinneringe.

Hierdie boek is slegs te koop direk by Lewensverryking Seminare.


Uitgewer: Dr Rudi Buys
Prys: R100 (btw ingesluit)*

*Prys onderhewig aan verandering.
Kontak Lewensverryking Seminare vir meer inligting of bestellings: 087 095 0512, e-pos: [email protected]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.