Boek: Vuurklip

vuurklip

Marié Heese

Vuurklip, Marié Heese se eerste roman in Afrikaans in 30 jaar, is ‘n magiese verhaal oor die lotgevalle van die Land- en die Seestamme aan die suidkus van Afrika 100 000 jaar gelede. Dis die storie van Ama, jongvrou wat wil Storievrou en Moetievrou word, maar eers moet sy vróú word. Dis ook die storie van ‘n magstryd en van die mensheid se oorlewingstryd.

Vuurklip is die eerste roman in Afrikaans oor die oertyd en is gebaseer op onlangse ontdekkings oor Homo sapiens.

Vuurklip is vol van die magie en misterie van dit wat ons hedendaagse mense, wat ons op die bevindinge van die antropologiese wetenskap moet verlaat, maar net kan vermoed van ons oerbestaan… Dis ‘n treffende werk, uitsonderlik liries daarby.” – Linda Rode

Oor die outeur:
Marié Heese het bekendheid verwerf met haar roman Die uurwerk kantel wat in 1976 gepubliseer en in 2006 heruitgegee is as ‘n klassieke Afrikaanse roman. Haar roman The Double Crown is bekroon met die Statebondsprys vir die Beste Boek in Afrika in 2010. Sy is ook die skrywer van die roman The Colour of Power en sy opvolg, A Triple-headed Serpent.

Marié het Engels, Staatsfilosofie en Drama gestudeer. Sy was eers onderwyser en toe dosent. Sy woon saam met haar man op Stilbaai.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R230-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.