Saamgestel deur Sarel Venter
Elsabe Steenberg was die suster van André P. Brink en self ʼn gewilde en bekroonde Afrikaanse skryfster, veral bekend vir haar kinder- en jeugliteratuur. Sy het egter ook, onder andere, kortverhale en dramas geskryf. Sy is later met veelvuldige sklerose gediagnoseer, maar het ten spyte daarvan aangehou skryf. Sy sou hierdie jaar haar 80ste
verjaarsdag gevier het. Hierdie is ‘n herdenkingsbundel en gaan bekend gestel word by NALN in Maart 2018.
Hierdie is ʼn versameling briewe wat Elsabe geskryf het aan Elizabeth Venter, die samesteller se vrou. Dit vertel die verhaal van die Steenberg-gesin oor meer as 30 jaar, Elsabe se skryfwerk, haar werk as dosent in Potchefstroom, en haar uitmergelende siekte.
Oor die outeur
Die gevierde en bekroonde skryfster is in 1996 aan veelvuldige sklerose oorlede. Haar laaste brief aan Elizabeth is ‘n maand vroeër geskryf.
Vir die uitsonderlike wyse waarop sy kinder- en jeugliteratuur in Suid-Afrika bevorder kry sy verskeie spesiale toekennings: Die Potchefstroomse Stadsraad vereer haar in 1990 met ‘n Gratia-toekenning, die Potchefstroomse Universiteit vir CHO gee in 1993 ʼn erkentlikheid-oorkonde aan haar en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer haar met ʼn besondere erepenning in 1993.
Uitgewer: Naledi Online
Prys: R220,00
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke