Boek: Waarheen verdwyn Seamus Smit?

Nerine Ahlers 

In Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit is Seamus se bene weg toe hy een oggend wakker word. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ʼn belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen.

Is dit ʼn siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle 13 is en praat hulle met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn. Hy besef hy het probleme. Groot probleme. So begin die vreemdste dag van Seamus se lewe…

Die verdwyning van Seamus Smit deur Seamus Smit deur Nerine Ahlers is in 2022 as die naaswenner in Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie aangewys.

Oor die skrywer

Ahlers het matriek aan die Hoërskool Menlopark behaal en verder gaan studeer aan die Universiteit van Pretoria waar sy ’n meestersgraad behaal het. As opgeleide taalonderwyseres het sy Frans vir hoërskoolleerders gegee.

Ahlers is die skrywer van Onkant en Losprys in Parys en medeskrywer van Liefde is…, Ek en jy, Weg en die gewilde SSS-reeks wat insluit Selfone, skelms en sjokolade; SMS’e, skurke en spinnekoppe; Sepiesterre, sokkies en skobbejakke; Seesand, sonbrille en smokkelaars; Spoke, speurders en straatkafees; Skaduwees, skatte en skelmstreke en Soene, sonroom en seestrome. Liefde is… en Selfone, skelms en sjokolade het albei ATKV-Kinderboektoekennings ontvang.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R170,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.