André le Roux
Dié boek bevat van die laaste (en skreeusnaaksste) rubrieke wat André le Roux vir Sarie geskryf het. Wat is dit met vrouens en alewig inkopies doen? En hoekom wil mans nooit dokter toe gaan nie? En vir wat moet ’n mansmens dan nou ’n huweliksherdenking onthou, of o wee, eintlik was dit haar verjaarsdag! Met dié jongste bundel sketse kry ’n mens opnuut lag vir die hemelsbreë verskille tussen mans en vroue. En waarom die liefde steeds blind is.
Oor die outeur
Abraham (André) le Roux is op 14 Julie 1954 in Bellville gebore. Hy matrikuleer in Goodwood en na skool gaan studeer hy aan die Universiteit van Stellenbosch en voltooi ‘n honneursgraad in Afrikaans en Nederlands. In 1977, terwyl hy nog studeer, is sy eerste digbundel Struisbaai-blues: ‘n testament 1973-Desember 1975 gepubliseer. Struisbaai-blues sowel as sy novelle, Te hel met Ouma!: ‘n fotoverhaal word deur die Sensuurraad as ongewens verklaar. In 1980 begin hy by Beeld te werk, daarna by Huisgenoot en Die Burger. Hy is tans eindredakteur by Sarie en is ‘n gewilde rubriekskrywer. Sy rubrieke is gebundel as Op die man af, Nou ja toe en Op die vrou af. In 2008 verskyn Kom ons sit sommer by die tafel en sy vorige kortverhaalbundel Sleep vir jou ‘n stoel nader is hierby ingesluit.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke