Boek: Waar’s Willie? Die fantastiese reis

Martin Handford

Willie gaan op reis! Hy ontmoet Towenaar Witbaard, wat omring is deur ʼn spul vretende vrate. Die towenaar beveel hom om ʼn verlore perkamentrol op elke nuwe plek van sy reis op te spoor. Eers wanneer hy al 12 perkamentrolle het, sal hy die waarheid oor homself ontdek. Willie se reis neem hom na die Veldslag van die Monnike, na die vlieënde draakruiters, die wilde rooi dwergies en vele ander vreemde plekke!

Meer as 70 miljoen eksemplare van hierdie soekboek is al verkoop en die Waar’s Willie-reeks is beskikbaar in 31 tale.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R120,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.