Elsa Winckler
Abella is ʼn klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ʼn feetjie wag voor dit kan gebeur?
Wanneer is eendag? is ʼn feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.
Oor die outeur
Elsa Winckler skryf heeltyds. Haar eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock wen in 2008 die rooi rose/LAPA-liefdesverhaalkompetisie. Sy wen ook die jaar daarna met dieselfde boek die ATKV-Woordveertjieprys vir Romanses. In 2014 het sy nog ʼn ATKV-Woordveertjie vir die Satyn-romanse, Te eenders, te anders gewen en in 2016 weer met Liefde in laslap. Sy woon in Bettiesbaai.
Oor die illustreerder
Marleen Visser het al verskeie kinderboeke geïillustreer vir Oxford University Press, MML, Heinemann, Vivlia, Juta, Nasou Via Afrika, Cambridge, ens. Sy is ook lid van die Vereniging vir kinderboeke, skrywers en illustreerders (SCBWI).
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke