Boek: Wanneer water wyn word

Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans

Toe Vivian as 16-jarige haar pa in die winkel se deur sien staan, het sy geweet haar lewe gaan verander. Haar pa het sy werk verloor, en die gesin word uit hulle huis gesit.

Vivian kan haar geluk nie glo toe ʼn ouer man in haar begin belangstel nie. Min weet sy watter prys sy gaan moet betaal.

Met God se hulp kon Vivian van voor af begin. Vandag is sy ʼn sakevrou wat wyn uitvoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk dinge hoe sleg.

Oor die outeurs

Vivian Kleynhans het grootgeword in Paternoster as een van agt kinders. Sy was al onder andere ʼn finansiële makelaar en ʼn huisagent, en het ook in die personeelbedryf gewerk. Sy wou nog altyd haar eie sakeonderneming bedryf en is die eienaar van Seven Sisters Wines in Stellenbosch, wat wyn uitvoer na die VSA.

Jacqueline Leuvennink beskryf haarself as ʼn storie-aandraer. Van verhale waarvoor jou eie hart moet kan stil raak tot veral verhale oor dit wat soms níé gesê word nie.

Ná tien maande by die Vroueleërkollege op George is sy na die Universiteit van Stellenbosch waar sy ʼn BA-graad met Engels en Sielkunde as hoofvakke verwerf. Hierna het ʼn verdere studie-en-swerf-jaar in Europa gevolg. In 1977 het sy, soos sy sê, per ongeluk die joernalistiek betree. Ná twee jaar by Die Burger en vyf jaar by Sarie het sy ook as vryskut-joernalis bydraes gelewer tot onder meer Insig, De Kat, Visi, Rooi Rose, Leef en Lig.

Jacqueline is al 34 jaar getroud met Jaco Leuvennink, parlementêre ekonomiese redakteur vir Media24 se dagkoerante. Hulle het twee seuns, Bernard (30) en Wynand (25), en woon in Durbanville.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.