Boek: Wanneer wolke bloed reën

Rudie van Rensburg

In Hartedief deur Rudie van Rensburg maak ʼn reeksmoordenaar amok in Kaapstad se stormweer, en Rooi en Kassie moet hom vastrek. Die Hartedief kom met moord weg, en dan is Kassie se volle aandag ook nie eintlik by die saak nie, want hy is smoorverlief op ʼn aanvallige mede-seëlversamelaar. Vlerksleep is nie vir sissies nie.

Om sake vir hom en Rooi te vererger word hul baas daarvan verdink dat sy hul ondersoek in die wiele ry, en Kassie moet haar onskuld bewys.

Intussen word Kaapse vroue vermoor wanneer daar onweer broei.

Oor die skrywer

Van Rensburg is in Bloemfontein gebore. Hy het sy loopbaan as joernalis by Die Volksblad begin, was medestigter en uitgewer van Bloemnuus en later redakteur van Die Ekonoom. In 1987 het hy Kaap toe verhuis. Sy skilderye is plaaslik en oorsee in versamelings opgeneem. Sy romans sluit in Slagyster, Kopskoot, Judaskus, Pirana en Kamikaze. Hy is ook die skrywer van Hans steek die Rubicon oor en Hans gee Herklaas horings.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.