[Boek] Ware mense

Ware-mense-Bart de Graaff

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus en joernalis wat ’n besonderse belangstelling in die Suid-Afrikaanse politiek en kultuur het. In 2015 en 2016 het hy verskeie besoeke aan Suid-Afrika en Namibië gebring. Sy oogmerk was om die nasate van die Khoi-Khoin, synde die eerste “ware mense”  van die subkontinent, op te spoor, en aan die woord te stel. Hierdie boek is die resultaat van sy onderhoude.

De Graaff kontekstualiseer nie net die geskiedenis van die Khoi-Khoin en haar vele vertakkings nie, maar stel ook bepaalde eietydse leiersfigure in die onderskeie gemeenskappe aan die woord. Daarvolgens word die historiese kyk na legendariese kapteins soos die Korannas se Goliat Yzerbek, die Griekwas se Adam Kok, die Basters se Dirk Vilander, Abraham Swartbooi van die Namas en Frederik Vleermuis van die Oorlams afgewissel met De Graaff se persoonlike reisindrukke en die talle gesprekke wat hy met die waarskynlike nasate van bogenoemde leiers gehad het.

In sy onopgesmukte skryfstyl, vol deernis en humor, vertel De Graaff van hierdie ontmoetings en gesprekke en algaande kom die leser onder die indruk van die sistemiese geweld wat teen die Khoi-Khoin oor soveel eeue heen gepleeg is. Dit is ’n belangrike boek wat die geskiedenis en huidige stand van die bruin mense onder hulle landsgenote se aandag bring.

Oor die outeur

Bart de Graaff is ’n Nederlandse historikus, filmteksskrywer en joernalis. Hy het in Nederland en Suid-Afrika gestudeer, en was jare lank hoofredakteur van Maandblad Zuid-Afrika. Hy het verskeie publikasies oor die Khoi-stamme van suidelike Afrika in Nederlands uitgegee.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JC ·

Wonderlik! Baie dankie.
Hoe meer literere aandag aan Afrikaners en ons bruin Afrikaanse broers en susters spandeer word, hoe beter!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.