Boek: Wat die see gesien het

Tom Percival

Niks is regtig verlore as jy dit in jou hart bêre nie…

Op ʼn dag gaan Sophia saam met haar pa see toe. Hulle geniet ʼn heerlike dag op die strand, totdat ʼn donderstorm uitbreek en hulle inderhaas moet vlug. Sophia verloor per ongeluk haar teddiebeer. Haar spesiale teddiebeer wat eers haar oupa s’n was, en toe haar ma s’n, en daarna hare sedert die dag toe sy gebore is.

Sophia se hart is gebreek, maar die see sien wat gebeur en dalk, net dalk, kan die see Sophia se teddiebeer vir haar terugbring. Maak nie saak hoe lank dit neem nie …

Hierdie beeldskone, spesiale prenteboek kombineer asemrowende collage-kunswerk met ʼn hartroerende storie wat jou altyd sal bybly. Die sielvolle storie spreek tot jonk en oud – dit is tegelyk die verhaal van ʼn opwindende soektog én ʼn storie met ʼn belangrike les oor die hantering en verwerking van verlies.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.