Boek: Wat het geword van Dinsdag?

Tinus Horn

Joe arriveer kort voor die draaipunt van die millennium in New York. Tot sy verbasing wag Nina hom by die backpackers in. Nina, wat nooit eintlik Joe se iets was nie. Nie rêrig nie.
Hy ontmoet ook vir Michael, ʼn verloopte Suid-Afrikaanse Jood met absurde drome vir homself en sy lendelam fiets. O, en dan is daar Elrike, wat Joe se gedagtes lees nog voordat hy hulle kan bedink. Dié drietal word die spil waarom alles draai in Wat het geword van Dinsdag?. Dis ʼn roman wat verdigsel en waarheid vervleg, nes die kunswerke van twyfelagtige waarde wat Joe produseer. Enersyds is die roman ʼn terugblik op drie onstuimige dekades in Johannesburg, en andersyds ʼn verhaal van een man se leuens wat hom inhaal – oor sy kleintyd, oor drome van roem wat hy skaars kan onthou, maar bowenal oor Nina.

ʼn Fyn afgeronde, skerpsinnige roman oor selfontdekking, heimwee en verlies.

Oor die outeur

Tinus Horn raai hy het sy geesdrif vir stories by sy ma geërf en dit is die fokus van al sy skeppende werk, of hy nou skryf of skilder of kort animasieflieks maak. Hy was onder meer rugbyskrywer vir The Star, sportredakteur van Vrye Weekblad, en ʼn ekstra in ʼn fliek wat niemand gesien het nie. Wat het geword van Dinsdag? is sy vierde roman.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R285,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.