Boek: Wat is die waarheid oor visvingers?

Sarina Laetitia Dönges

“Nee, vergeet liefs van visvingers,
want waar dink jy is hul tone?
Lankal in ’n blik gedruk
met tamatiesous en bone”

Die waarheid oor visvingers is ’n kraakvars versfees wat nie probeer om korrek of prekerig te wees nie. Dit is lekker aweregs, subversief en wild. Oupa kry geld vir slegte maniere (ongeskiktheidspensioen), Ouma is ’n koningin want sy kondig aan dat sy op die troon gaan sit. Al die kind se katjies raak stukkend, want hulle moet altyd reggemaak word. Ma se bonesop maak moles in die klaskamer. Die kinders is stout en vindingryk en immer in die moeilikheid.

Dié kinderverse herinner aan Roald Dahl en David Walliams.

Oor die skrywer en illustreerder

Sarina Laetitia Dönges is op 9 Januarie 1965 gebore. Sy het drama aan die Technikon Pretoria (vandag die Tshwane Universiteit vir Tegnologie) studeer en in 1987 haar eie kinderteater begin. In 2002 verskuif Dönges se fokus na dramaklasse vir jong kinders en sy bied individuele klasse asook groepklasse by verskeie laerskole in Pretoria, asook by haar private ateljee in Queenswood, aan.

Van haar gedigte verskyn in letterkundige tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde en is in 2001 in Nuwe Stemme 2 opgeneem. Haar debuutbundel In die tyd van uile is ryk aan Bybelse intertekste en verwysings uit die kuns en teater. Dönges skryf ook kinderverse en saam met SC Brink word die bundel Rympies vir kleingoed gepubliseer. Van haar verse word in versamelbundels soos die Groot verseboek en Majesteit, die kat opgeneem.

Die waarheid oor visvingers is deur Flip Hattingh geïllustreer.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Patrick ·

Wow dis kyk lekker. Ek is 0% Boer. Ek is in Kanada en my pa is Irish. Ek is studier Afrikaans en ek hou van dit :) Ek sal dis boek koop. Ek sal my kinders Afrikaans wys.

Cherokee ·

En jou Afrikaans is eersteklas! Baie dankie dat jy jou kinders ook Afrikaans sal leer.

Johan ·

Ai,ou Patrick,jy gee ons Afrikaners weer vars lug,so met jou gebroke Afr en al….seën vir jou van Bo!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.