Boek: Wat is ʼn springbok sonder sy spring?

Marleen Lammers

Wat is ʼn springbok sonder sy spring? Net ʼn… bok? Wanneer arme Springbok sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit weer op te spoor – met skreeusnaakse gevolge.

Die bok wat sy spring verloor het kom uit die pen van Marleen Lammers met illustrasies deur Gwendolene van der Merwe. Dit is ʼn humoristiese en treffende storie oor dit wat jou spesiaal maak, en oor die krag van vriendskap.

Oor die skrywer  

Lammers is ʼn vryskutskrywer met ʼn passie vir kinderstories. Sy kom oorspronklik van Nederland en het die grootste deel van die afgelope dekade-en-ʼn-bietjie in verskeie Suider-Afrikaanse lande deurgebring. Lammers se eerste prenteboek het in 2019 by Penguin Random House verskyn. Sy hoop om aan te hou om kinders deur stories te bekoor en sodoende ʼn liefde vir boeke by hulle te kweek.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.