Boek: Wat kan Jesus ons leer van leierskap in onsekere tye?

Roedolf Botha

Dit is nie maklik om vandag ’n Christen-leier te wees nie. Selfs voor die uitbreek van die koronapandemie is kerke en besighede deur ʼn onvoorspelbare toekoms in die gesig gestaar.

Roedolf Botha, leraar en sakekonsultant, navigeer die tye waarin ons leef aan die hand van die Markus-evangelie.

Van die kwessies wat hy pakkend bespreek, is:

  • Hoe lei ons ʼn organisasie of gemeente, getrou aan die missie wat God aan ons toevertrou het, in ʼn wêreld wat radikaal aan die verander is?
  • Watter geestelike ingesteldhede, aksies en toerusting het ons hiervoor nodig?
  • Watter innerlike transformasie vra die proses van ons as leiers?

Hierdie toeganklike boek is vol praktiese en inspirerende voorbeelde wat jou as leier sal help om die onverkende waters van ons tye die hoof te bied.

Oor die skrywer

Botha het ‘n PhD by die Universiteit van Nijmegen voltooi. Tans is hy gemeenteleier by Oosterlig-gemeente in Pretoria en bestee hy een dag per week aan besigheidskonsultasie. Sy belangstellings is kerkplanting, leierskap en lewensafrigting. Hy is betrokke by e-kerk.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.