Boek: Wat maak Speurhond Willem in Australië?

Elizabeth Wasserman

Willem is weg! Adriaan doen speurwerk en vind uit dat Sherlock, Willem se seun, as snuffelhond in Australië werk. Die storie loop dat Sherlock kop in een mus is met ’n berugte smokkelbende. Adriaan weet dat Willem hom beslis nêrens anders as in Australië bevind nie besig met sy eie snuffelwerk om sy seun se naam in ere te herstel.

Oor die skrywer

Elizabeth Wasserman is tans ’n patoloog in privaat praktyk en voorheen buitengewone professor in die geneeskundige mikrobiologie aan die Universiteit Stellenbosch. Sy is die skrywer van gewilde verhale soos die Speurhond Willem-, Dogtective William-, Anna Atoom-, en Elf dae-reekse. Wasserman woon saam met haar gesin in Welgedacht, naby Kaapstad.

Kyk hier na ʼn voorsmakie van Speurhond Willem se jongste snuffelwerk in Australië. Die lokprent is goedgunstig deur NB-Uitgewers verskaf:

Ouderdom: Ses tot nege jaar
Prys: R170,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.